...spinnekop kan byt ja, en skerpioen is 'n stekerige kalant...
Jonathan Leeming van One World kom praat met lede oor spinnekoppe en skerpioene en die einas wat hulle kan maak, kom luister en gesels saam!
Neem asseblief kennis / please take note
****
Die doppie-versamel aksie vir ekstra takfondse is steed aan die gang - kom nou liewe mede Jagters wees helde en drop jou doppies daar by een van jou gawe bestuurslede!
Donderdag / Thursday
19 September 2019 @ 19:00
Voortrekkersaal, Centurion
Oudergewoonte sal die kole warm wees om ‘n vleisie skrik te maak, tyd te verwyl met familie en vriende en te gesels oor dit wat was en dit wat kom... met pap en sous ja...
If you haven’t subscribed to the good cheer after a branch meeting – come and enjoy some good hunters' company.
Shoot NECSA Skiet
Saterdag NECSA skiet
Aan al die Pa's en Ma's van junior skuts, onthou asseblief elke eerste Saterdag van die maand is daar skietoefeninge op die Eeufees skietbaan.
Lede wat as Baanoffisier wil kwalifiseer kontak asseblief vir Morris by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..
Jagtersfees vir die Familie - 28 September
Hierdie gaan groot makietie wees en almal is veral vreeslik welkom.
Ons wag steeds vir meer van ons groot worsmakers om te kom inskryf vir die WORSBRAAI KOMPETISIE!
Laat weet asseblief enige bestuurslid - hoe gouer ons weet hoe minder pla ons vorentoe met die ou vragies.
SPECIAL REQUEST / SPESIALE VERSOEK
Lede wat verlede jaar trofees ontvang het bring asseblief die trofees terug na Morris Fox (hy mooet hulle nog weer 'n slag 'polish'.... anders sukkel ons vreeslik as ons dit perdalks net weer vir jou wou gee... om nie te praat daarvan as dit dalkies 'n ander man se beurt is nie en ons hom moet vertel jy't bietjie vergeet.
***
Lede word versoek om asseblief enige lief-en-leed rakende taklede aan te stuur na die Voorsitter.
Fanie hoor graag van u.