Tak Skietaktiwiteite
Takskiete vind plaas op die eerste en derde Saterdag van elke maand.
Die eerste Saterdag van die maand by die Eeufees skietbaan en die derde Saterdag van die maand by die NECSA skietbaan.
Daar word van skuts verwag om ten minste 07:00 vir 08:00 by die onderskeie bane op te daag om te help met die voorbereiding van die baan en vir registrasie doeleindes.
Skuts moet sorg vir hulle eie verversings en daar is toilet geriewe.
Centurion Tak se Skietkoordineerder is Morris Fox en kan gekontak word op sy selfoon – 072 371 5574 of e-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..
Die volgende tabelle word geskiet:
Eeufees baan:
- Randslag .22
- Jaghandwapen
- Posliga handwapens
- Posliga, SAJWV/Safari Outdoor Randslag kompetisie
- Rooibok (Toegewyde Jagter Skiettoets)
- Junior tabelle (Windbuks & .22)
NECSA Skietbaan
- Rooijakkals
- Vlakte Springbok teiken afgewissel met Swartwildebees.
- Bosveld Blouwildebees teiken afgewissel met Sebra teiken.
- Vlakvark
- Swaarkaliber op Buffel teiken.
- Rooibok
Bring saam:
- Oog en oor beskerming (verpligtend)
- Skietmatjie
- Skietstokke (soos toegelaat per tabel)
- Inskiet teikens en staander
- Genoeg ammunisie
- Baanfooi
Aanwysings na Eeufees & Welgegund (NECSA) skietbaan.