• 1
  • 2
  • 3

Centuriontak

Centuriontak bedien lede in die groter Centurion gebied suid van Pretoria. Die tak bestaan al amper 18 jaar en het meer as 1000 lede waarvan omtrent 150 gereeld die sosiale vergaderings bywoon.

Centuriontak bied aan die lede verskeie geleenthede om betrokke te raak.  Takaande is die ideale plek om weer saam met jagvriende gesellig te raak.  Die takaand geskied gewoonlik op die derde Donderdagaand van die maand by Voortrekkersaal in Centurion.

Tydens die takeaand word die nuutste reëlings aan lede gegee en is daar geleentheid vir sprekers om oor verskeie aspekte rakende jag te kom gesels.  Na die amptelike aktiwiteite kan daar saam gekuier word om die vuur.

Centuriontak bied ook verskeie skietgeleenthede aan elke maand:

  • Eerste Saterdag van die maand: Handwapens, randslag, PCP en Junior tabelle by die Eeufees skietbaan.
  • Derde Saterdag van die maand: Jaggeweer tabelle tot 300m by die NECSA skietbaan.
  • Haelgeweer: Kleiduif en veerwild jag geleenthede.

Kom sluit aan by die takaand om meer te wete te kom oor al die aktiwiteite. Die komitee kommunikeer amptelik met lede d.m.v. e-pos en SMS. As jy lid ‘n lid is van Centuriontak en geen van die tak kommunikasie ontvang nie moet jy asb. jou kontak besonderhede op die SAJWV Lede Adminstrasie webblad nagaan.  Daar is ook Whatsapp groepe vir van die belange groepe, kontak enige bestuurslid om meer uit te vind.

Tak Aktiwiteite

  • Tak Skietaktiwiteite

    Takskiete vind plaas op die eerste en derde Saterdag van elke maand. Die eerste Saterdag van die maand by die Read More
  • Ledevergaderings

    Ledeaande is waar almal die kans kry om gesellig saam met mede jagters te verkeer. Dis ook waar die nuutste Read More
  • Opleiding

    Senior Opleiding: Die volgende kursusse word deur die Tak aangebied: Baanoffisiere Toegewyde Jagters Kursus Toegewyde Sportskiet Kursus Die Tak se Read More
  • Bewaring

    As jagters is ons almal direk en indirek betrokke by bewaring, dit is om die natuur en die gebruik daarvan Read More
  • 1

SA Hunters Nasionale Webwerf


Besoek die SA Jagters Nasionale webwerf.

Lede Administrasie

Aanlyn Lede Administrasie vir nuwe en bestaande lede.


Jagbestemmings

Soek of plaas jou Jagbestemming op die SA Jagters Jagbestemmings-databasis

Kalender

No events

Tak Nuus

Staking van alle takaktiwiteite agv COVID-19

Na aanleiding van 'n hoofkantoorbesluit, word alle takaktiwiteite, insluitend ledeaande en takskiete, gestaak tot verdere kennisgewing.

Ons sal lede in kennis stel sodra takaktiwiteite hervat.

Centuriontak

Dankie vir jou belangstelling in die Centorion tak van die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging.

Die Voorsitter, Fanie van Wyngaard kan gekontak word vir enige navrae.

Selfoon 083 646 3324 en e-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.


Tak Bank Besonderhede

First National Bank
Rekening houer: SAJWV Centurion
Rekening nommer: 62455442740
Tak kode: 250130

 

 

Ondersteun ons Borge

We have 327 guests and no members online