• 1
  • 2
  • 3

Centuriontak

Centuriontak bedien lede in die groter Centurion gebied suid van Pretoria. Die tak bestaan al amper 18 jaar en het meer as 1000 lede waarvan omtrent 150 gereeld die sosiale vergaderings bywoon.

Centuriontak bied aan die lede verskeie geleenthede om betrokke te raak.  Takaande is die ideale plek om weer saam met jagvriende gesellig te raak.  Die takaand geskied gewoonlik op die derde Donderdagaand van die maand by Voortrekkersaal in Centurion.

Tydens die takeaand word die nuutste reëlings aan lede gegee en is daar geleentheid vir sprekers om oor verskeie aspekte rakende jag te kom gesels.  Na die amptelike aktiwiteite kan daar saam gekuier word om die vuur.

Centuriontak bied ook verskeie skietgeleenthede aan elke maand:

  • Eerste Saterdag van die maand: Handwapens, randslag, PCP en Junior tabelle by die Eeufees skietbaan.
  • Derde Saterdag van die maand: Jaggeweer tabelle tot 300m by die NECSA skietbaan.
  • Haelgeweer: Kleiduif en veerwild jag geleenthede.

Kom sluit aan by die takaand om meer te wete te kom oor al die aktiwiteite. Die komitee kommunikeer amptelik met lede d.m.v. e-pos en SMS. As jy lid ‘n lid is van Centuriontak en geen van die tak kommunikasie ontvang nie moet jy asb. jou kontak besonderhede op die SAJWV Lede Adminstrasie webblad nagaan.  Daar is ook Whatsapp groepe vir van die belange groepe, kontak enige bestuurslid om meer uit te vind.

SA Hunters Nasionale Webwerf


Besoek die SA Jagters Nasionale webwerf.

Lede Administrasie

Aanlyn Lede Administrasie vir nuwe en bestaande lede.


Jagbestemmings

Soek of plaas jou Jagbestemming op die SA Jagters Jagbestemmings-databasis

Kalender

03 May 2025
07:30AM - 02:00PM
Eeufees Skiet
12 May 2025
06:30PM - 09:00PM
Bestuursvergadering
15 May 2025
07:00PM - 08:00PM
Lede aand
17 May 2025
07:30AM - 03:00PM
Necsa Takskiet
07 Jun 2025
07:30AM - 02:00PM
Eeufees Skiet
09 Jun 2025
06:30PM - 09:00PM
Bestuursvergadering
19 Jun 2025
07:00PM - 08:00PM
Lede aand
21 Jun 2025
07:30AM - 03:00PM
Necsa Takskiet
05 Jul 2025
07:30AM - 02:00PM
Eeufees Skiet
14 Jul 2025
06:30PM - 09:00PM
Bestuursvergadering

Tak Nuus 2023/02

Golfdag

Skryf nou in vir die jaarlikse SAJWV Centurion Tak Golfdag wat op 10 Mei 2023 by Dienste Golf Klub aangebied word.

 

Vir meer inligting gaan hier.

 

 

 

 

 

Bewaring

 

As jagters is ons almal direk en indirek betrokke by bewaring, dit is om die natuur en die gebruik daarvan te bestuur sodat ons nageslagte ook op 'n volhoubare wyse daarin kan deel.

Centuriontak was in die verlede by aktiwiteite betrokke en is op soek na nuwe uitdagings.  Dit kan wees van herwinning in jou omgewing tot die bekamping van wildstroping.  Kontak asb. die Voorsitter of die Bewaringsbestuurslid as daar spesifieke projekte of behoeftes bestaan waarby ons betrokke kan raak.

Dit is ons almal se verantwoordelikheid om hierby betrokke te raak en om 'n voorbeeld vir ons kinders te stel.

 

Opleiding

Senior Opleiding:

Die volgende kursusse word deur die Tak aangebied:

  • Baanoffisiere
  • Toegewyde Jagters Kursus
  • Toegewyde Sportskiet Kursus

Die Tak se bestuurslid verantwoordelik vir Senior Opleiding is Charl Naude en hy kan gekontak word op sy sel foon – 083 289 2496 of per e-pos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Junior Opleiding:

Junior opleiding in die tak geskied tydens die volgende geleenthede:

  • Takskiet by Eeufees:
    Daar word gefokus op windbuks tabelle vir die juniors op die 25m skietbaan, maar hulle kan ook .22 skiet op die 50m skietbaan.  In November word die jaarlikse Pretskiet gehou waar allerhande interessante skietoefeninge aangebied word.  Juniors neem gratis aan die takskiet dae deel.
  • Junior kampe:
    Twee kampe per jaar word saam met ander takke in Pretoria aangebied.  Dit word as vier modules aangebied in ‘n 2-jaar siklus.  Die Centurion tak ondersteun die kampe deur ‘n gedeelte van die kampgelde te borg.
  • Streek en Nasionale kompetisies:
    Daar word verskeie streek kompetisies aangebeid en ‘n jaarlikse Nasionale Kampioenskap tydens die Oktober vakansie.

Kontak gerus die Junior Opleier om meer inligting hieroor te bekom.

 

 

Ledevergaderings

Ledeaande is waar almal die kans kry om gesellig saam met mede jagters te verkeer.  Dis ook waar die nuutste nuus en reëlings aan lede gekommunikeer word.  Daar word ook moeite gedoen om maandeliks interessante sprekers te kry wat oor jag of jagverwante onderwerpe praat of produkte aan die lede bekend te stel.

Bring ‘n vleisie saam om te braai na die tyd.  Pap en sous word verskaf.

Plek:

Polsslag Voortrekkersaal in 264 Glover laan.

Wanneer:

Elke Donderdag voor die derde Saterdag van die maand.

Tyd:

18:30 vir 19:00

 

Gebruik die skakels vir die kalender:

Kalender

Laai kalender af

Maak kalender oop

 

 

 

Tak Skietaktiwiteite



Takskiete vind plaas op die eerste en derde Saterdag van elke maand.

Die eerste Saterdag van die maand by die Eeufees skietbaan en die derde Saterdag van die maand by die NECSA skietbaan.

Daar word van skuts verwag om ten minste 07:00 vir 08:00 by die onderskeie bane op te daag om te help met die voorbereiding van die baan en vir registrasie doeleindes.

Skuts moet sorg vir hulle eie verversings en daar is toilet geriewe.

Centurion Tak se Skietkoordineerder kan gekontak word vir meer inligting.


Die volgende tabelle word geskiet:

(Verwys na die takprogram onder op die bladsy om te bevestig wanneer die onderskeie tabelle aangebied word.)



Eeufees baan (1ste Saterdag):

  1. SG01: Handwapen Posliga (5 x Skietoefeninge)
  2. SG02: Randslag Ope
  3. SG03: 25m Drukluggeweer(Bankrus) Posliga
  4. SG04: 50m Randslag (Bankrus) Posliga (3 x Oefeninge)
  5. SG05A&B: 50m Senter-/Randslag Semi-Outomaties Posliga
  6. SG06A&B: 100m Senter-/Randslag Semi-Outomaties Posliga
  7. S101: 25m Presisie Randslag (PCP & .22)
  8. S102: 25m Presisie Senterslag
  9. S103: 50m Presisie Randslag
  10. S104: 50m Presisie Senterslag
  11. SI10A&B: IGRF 240 Senter-/Randslag Semi-Outomaties
  12. SI10A&B: IGRF 480 Senter-/Randslag Semi-Outomaties
  13. HH04: Jaghandwapen (BWB/Sebra)
  14. HG06: Swaarkaliber
  15. HG07: Vlakvark
  16. SG-11: Shotgun Speed Shoot
  17. Verskeie Junior O9/O13/O16/O18 Tabelle (Veerluggeweer, PCP, .22)
  18. Junior Pretskiet in November

 

NECSA Skietbaan (3de Saterdag):

  1. HG01/2: Bosveld (BWB/ Zebra)
  2. HG03/4: Rooibok
  3. HG05: Rooijakkals
  4. HG06: Swaarkaliber
  5. HG07: Vlakvark
  6. HG08: Vlakte (Springbok/ Rooiribbok)
  7. 7e-IGRF: LBA (SI13,SI14,SI15,SI20)
  8. Pretskiet in November

 

Haelgeweer (3de Saterdag, Buiteklub soos aangewys):

  1. HS01, HS02, HS03, HS04
  2. HS05: Compact & Sporting

 

Bring saam:

  • Oog en oor beskerming (verpligtend)
  • Skietmatjie
  • Skietstokke (soos toegelaat per tabel)
  • Inskiet teikens en staander
  • Toe skoene (verpligtend by sekere bane)
  • Genoeg ammunisie
  • Baanfooi

 

Daar is Whatsapp groepe vir die verskillende skietdae waarop direk met lede kommunikeer word.

  1. NECSA: Centurion NECSA Skuts
  2. Eeufees: Cent Eeufees Sportskuts
  3. MDS: SAJWV BP & C MDS
  4. Juniors: SAJWV Centurion Juniors

Maak gerus kontak met die kommitee vir meer inligting as u belangstel in die skietdae of om u op die relevante groep te plaas.  Nuwe lede of persone wat nog nie die skietdae bygewoon het nie word aangemoedig om die takaande by te woon vir meer inligting. 

 

Gebruik die skakels vir die kalender:

Tak Kalender

Laai kalender af 

Maak kalender oop

 

Aanwysings na Eeufees & Welgegund (NECSA) skietbaan.

 

Attachments:
Download this file (Tak Skiet Program 2023 FK (1) - Rev 1.pdf)Skietprogram 2023[ ]195 kB
Download this file (Centurion Tak Kalender 2023 Rev 1.pdf)Kalender 2023[ ]401 kB

Ondersteun ons Borge

We have 189 guests and no members online