Vinnige Skakels

Articles

Uit die Voorsitter se pen

Uit die Voorsitter se pen 

Donderdag die 16de Maart gaan die aanbieding en uitstalling by die takaand oor gehoorbeskerming. Kom vind uit van die heel nuutste ontwikkeling in gehoorbeskerming vir ons skuts en jagters. Produkte soos Cens ProFlex en Shot Block gaan uitgestal word. Cens is Custom electronic noise suppressors. Dit is produkte wat binne in die oor pas en vir jou oor gemaak word.

Donderdagaand beloof om vol verrassings te wees vir elkeen wat deelneem. Ons het weer n uitlotting en verkoop kaartjies. Kom ondersteun ons asb. Bring geld!

Centurion tak bied op 22 April die Intertak skietkompetisie by Genl Piet Joubert skietbaan aan. Enige baan offisiere wat beskikbaar is se hulp word benodig. Kan julle met Morris in verbinding tree.

Gerard Harding bied weer Saterdag, 18 Maart die haelgeweer skiet by NECSA aan. Dit begin vir die haelgeweerskuts so teen 10h00. Die kostes is R50 per rondte wat geskiet word (n rondte is 20 skote). Die kleie word verskaf by die baan. Die kransduif tabel word Saterdag geskiet. Stof n bietjie die haelgeweer af en kom skiet saam.

Soek